top of page
Design Book

Verbeter jou kind se leesvaardighede

Link-Lab bied leeslesse aan vir Gr. 1 - Gr. 12 leerders om sodoende hul leesvaardighede op te skerp.

About

Wie is ons?

Ons naam, Link-Lab, verteenwoordig die belangrike skakel tussen verskeie boublokke wat saamwerk om 'n kind te help om hul volle potensiaal te bereik. Ons glo daarin om 'n holistiese benadering te volg wat fokus op al die aspekte van 'n kind se lewe, nie net akademiese prestasie nie.

​

Ons logo illustreer die essensie van ons naam. Dit toon drie legkaartstukke wat aanmekaar gekoppel is in die vorm van 'n hart:

​

Een legkaartstuk verteenwoordig die akademiese kant van ons werk. 
Ons bied leesondersteuning aan vir kinders van alle ouderdomme en vlakke. Ons glo dat hierdie basiese vaardighede noodsaaklik is om suksesvol te wees in alle areas van die lewe.

​

Die tweede legkaartstukkie verteenwoordig die passie, omgee, en liefde van die Link-Lab span. Ons is passievol oor die werk wat ons doen en glo daarin om 'n veilige en ondersteunende omgewing te skep  vir die kinders wat ons help.

​

Die derde legkaartstuk is noodsaaklik om die hart van Link-Lab te vorm en is die sukses wat leerders behaal teen hul eie tempo en elk op hul unieke manier.  Ons wil hulle aanmoedig om hul drome na te jaag en hulself ten volle te ontwikkel. 

Dienste

Dienste

Ons spesialiseer in leesklasse in beide Afrikaans en Engels.

01

Lees in Afrikaans

02

Lees in Engels

Navorsing toon dat die persentasie leerders in Suid-Afrika wat nie met begrip kan lees nie, gestyg het van 78% (in 2016) tot 82% (in 2021) 

- 2023 Reading Panel Background Report

Kontak ons

Kontak ons

Linden, Johannesburg

Bestuurder:

Izanne Reichert: 084 206 3761

Dankie vir u boodskap!

bottom of page